
=====================================================================
3 Hoe Moet Ons Ons Omgewing Bestuur?
=====================================================================


3
HOE MOET ONS ONS OMGEWING
BESTUUR?


In Suid-Afrika het ons baie wetgewing wat die omgewing beskerm. Maar al hierdie wette is stuksgewys oor baie jare saamgestel. Hulle het die beste na die wit minderheid omgesien. Ons moet hierdie wette verander sodat hulle die omgewing, in die belang van almal, beskerm.


Sommige van die wette en metodes wat ons gebruik om die omgewing te beskerm, is soortgelyk aan di wat in ryk lande soos Europa en Amerika gebruik word. Maar Suid-Afrika is nie soos daardie lande nie. Ons moet metodes vind om ons omgewing te beskerm, wat ons behoeftes pas, en wat ons kan bekostig. Ons moet ook metodes vind om verskillende groepe bymekaar te bring om ons omgewing te beskerm, wat nywerhede, vakbonde en gemeenskapsorganisasies insluit.


Baie mense het al oor ons omgewingsprobleme geskryf. Baie mense stem saam oor wat die belangrikste probleme is. Maar nie almal stem saam oor die beste manier om dit op te los nie.


Ons omgewingsprobleme is in klein stukkies opgedeel

Omgewingsbeleid het raakpunte met table ander terreine soos boerdery, vervoer, elektrisiteitsvoorsiening en die bou van huise. Ons het een omgewingsbeleid nodig om al hierdie aspekte te hanteer. As ons dit nie het nie, sal ons natuurlike bronne oorbenut en verkwis word.


In 'n sekere sin sien baie verskillende regeringsdepartemente na die omgewing om. Die Departement van Waterwese kontroleer waterbesoedeling. Die Departement van Omgewingsake beheer lugbesoedeling. Die Departement van Mineraal- en Energiesake kontroleer die beskadiging van die omgewing as gevolg van mynboubedrywighede. lngevolge die tussentydse Grondwet is dit hoofsaaklik die plig van die provinsiale regerings om die omgewing te beskerm.


Daar is nie een spesiale departement wie se taak dit is om na die omgewing om te sien nie. As gevolg van di rede is ons omgewing baie beskadig.


Regeringsdepartemente moet hulsef kontroleer

Daar is sommige regeringsdepartemente wat sekere aktiwiteite moet aanmoedig, en terselftertyd moet verseker dat hierdie aktiwiteite nie die omgewing beskadig nie. Die Departement van Landbou moedig byvoorbeeld boerdery aan. Maar soms kan die wyse waarop die boerdery bedryf word, skadelik vir die omgewing wees. Dus is dit moeilik vir die Departement van Landbou om boerdery aan te moedig, en terselftertyd die omgewing te beskerm.


Verseker dat mense die wette gehoorsaam

Ons het nie genoeg goed-opgeleide inspekteurs om te kontroleer of fabrieke, plase en besighede wette wat die omgewing beskerm oortree nie. Soms, indien iemand gevang word wat die wet oortree, is die boetes wat hulle opgel word so laag dat hulle nie omgee nie. Te min mense, wat omgewingswette oortree, word voor die hof gedaag.

Gebrek aan inligting

Dit is dikwels moeilik om inligting oor besoedeling, van regeringsdepartemente, of fabrieke, wat die besoedeling veroorsaak, te verkry. Omgewingsdrukgroepe, burgerlike organisasies en vakbonde eis dat die inligting aan hulle beskikbaar gestel word. Hierdie inligting is belangrik sodat ons die gesondheidsrisiko's verbonde aan besoedeling kan verstaan.

Te min opgeleide personeel

Ons het baie min behoorlik opgeleide personeel om in die regering te werk om ons omgewing te beskerm. Daar is veral min swart mense en vroue. Die regering betaal nie besonder goeie salarisse nie. Baie goedopgeleide mense werk eerder in die bedryf. Ons moet meer kursusse by universiteite en technikons instel sodat opgeleide personeel in diens geneem kan word om die omgewing te beskerm.

Die rol van nasionale en provinsiale departemente

Omgewingsbestuur behoort gewoonlik op plaaslike vlak plaas te vind. Op die oomblik is daar te veel beheer op nasionale vlak. Namate die provinsiale departemente beter georganiseer raak sal hulle meer doen om die omgewing te beskerm. Provinsiale en plaaslike regerings moet genoeg geld gegee word om opgeleide personeel in diens te neem om die omgewing te beskerm.

Onvoldoende openbare deelname

In die verlede is die publiek nie gekonsulteer wanneer beleid of wetgewing formuleer is nie. Swart mense is die meeste van almal uit die besluitnemingsproses uitgesluit. Maar in Suid-Afrika is daar groeiende belangstelling in omgewingsake. Die publiek wil geraadpleeg word wanneer beleid en wetgewing geformuleer word. Die publiek en werkers eis ook dat hulle oor besoedeling, die gebruik van gevaarlike chemikalie, ensovoorts, ingelig moet word.

Vennootskappe tussen gemeenskappe, werkers en nie-regeringsorganisasies kan baie invloedryk wees. Eweneens, wanneer mense betrokke was by die formulering van beleid, is hulle daartoe verbind om die beleid te laat werk.


In die verlede was gemeenskappe nie daarby betrek om te kontroleer of die omgewing beskerm word nie. Veral vroue is gegnoreer. Maar vroue behoort in 'n groot mate betrek te word by besluitneming oor die omgewing. Vroue ly die meeste as die omgewing beskadig word. Plattelandse vroue spandeer baie tyd om hout te soek en water te dra. Dit is dikwels nadelig vir hulle gesondheid. Eweneens sien vroue om na die gesondheid van hulle gesinne, hou die huis skoon en berei maaltye voor. Hulle is dus baie belangrik om 'n veilige en gesonde omgewing te bou.


Die gemeenskap behoort nie net oor ontwikkeling en die beskerming van die omgewing geraadpleeg te word nie. Hulle moet ook deel wees van ontwikkelingsbestuur. Dit help hulle om beheer te neem oor hul eie lewens en die omgewing waarin hulle woon.


'n Swak 'voorstaander" vir die omgewing

Die Departement van Omgewingsake en Toerisme is nie invloedryk nie en dit het nie genoeg goed-opgeleide personeel om ons omgewing behoorlik te beskerm nie.


Dit word ook nie deur ander departemente as belangrik beskou nie. Dit maak dit baie moeilik vir die departement om die omgewing behoorlik te beskerm. Dit beteken dat die "voorkomende beginsel"* misken kan word weens ander departemente se planne. Dit kan baie skade aan ons omgewing aanrig.


In Amerika is daar 'n regeringsliggaam wat as die "Environmental Protection Agency", bekend staan. Dit is 'n invloedryke liggaam wat die omgewing beskerm. Elke land behoort so 'n regeringsliggaam te h, wat luidkeels die beskerming van die omgewing kan verkondig. Hierdie liggaam behoort deur sterk wetgewing ondersteun te word deur dit "tande" te gee. Dit moet 'n groot, goed-opgeleide werkerskorps h. Maar dit is baie duur.


Ons het 'n sterker agentskap as die Departement van Omgewingsake nodig.


Ons het ook 'n ander benadering ten opsigte van omgewingsbestuur nodig. Ons het sterk wetgewing nodig om die omgewing te beskerm; genoeg personeel om te verseker dat mense die wette gehoorsaam; openbare ondersteuning vir die beskerming van die omgewing; en aanspreeklikheid teenoor die publiek nodig.


Ons moet navorsing doen sodat ons omgewingsprobleme behoorlik verstaan, en kan uitwerk hoe om dit die hoof te bied.

VOORSTELLE


Kommissaris vir die Omgewing

'n Nasionale Kommissaris vir die Omgewing behoort aangestel te word. Hierdie persoon moet sorg dat die omgewing beskerm word. Die Kommissaris kan ook ondersoek instel of 'n optrede teen die omgewingsregte van Suid-Afrikaners indruis. Die Kommissaris behoort in staat te wees om die optredes van departemente te ondersoek.

Die Kantoor van die Kommissaris vir die omgewing sal die "omgewingsombudsman" wees. Hierdie kantoor moet klein wees en doeltreffend funksioneer. Dit moet onafhanklik van ander regeringsdepartemente wees. Dit moet jaarliks aan die President en die Parlement verslag doen oor sy ondersoeke. Die Kantoor van die Kommissaris vir die Omgewing kan deel vorm van die Kantoor van die Openbare Beskermer.


Forums oor die omgewing en ontwikkeling

Adviserende liggame behoort op nasionale, provinsiale en plaaslike vlak ingestel te word. Hierdie liggame sou insette van die burgerlike gemeenskap oor omgewingsake en -beleid en volgehoue ontwikkeling aan die regering kon oordra. Hulle kan ook toesien dat omgewingsake in alle HOP projekte ingesluit word. Hulle kan ook voorstelle maak oor waar navorsing en optrede nodig is.


Hierdie adviserende forums kan saamgestel word uit mense van verskillende sektore van die gemeenskap wat daarin belangstel om die omgewing te beskerm. Hulle sal nie 'deskundiges" wees nie. Indien nodig, moet gemeenskapsgebaseerde organisasies gesubsidieer word sodat hulle in hierdie forums kan dien.


Omgewing Monitering en Uitbereidings Agentskap (OMUA)

Verskeie departemente het personeel wat kontroleer of omgewingswette oortree word. Hulle het ook personeel wat mense onderrig in die beskerming van die omgewing. Dit sluit in Bronbewaringsinspekteurs ('Resource Conservation lnspectors") en Landbou-uitbreidingsamptenare ("Agricultural Extension Officers") van die Departement van Landbou; Provinsiale Natuurbewaringsbeamptes ("Provincial Nature Conservation Officers") en lnspekteurs van Seevissery ("Sea Fisheries Inspectors'); Lugbesoedelinginspekteurs ("Air Pollution Inspectors") van die Departement van Omgewingsake; en Waterbesoedelingsinspekteurs ("Water Pollution Inspectors") en Bosbouamptenare ("Forestors") van die Departement van Waterwese en Bosbou.


Al hierdie personeel behoort in een organisasie te dien. Dit kan die Omgewings Moniterings en Uitbreidings Agentskap heet. Dit sou dan aan die Minister van Omgewingsake verslag doen.

Die OMUA moet na omgewingsbeskerming in sy geheel omsien. Dit moet nie slegs water- en lugbesoedeling ondersoek nie.


Daar moet noue samewerking plaasvind tussen hierdie liggaam en liggame wat beroepsgesondheid hanteer. Di liggaam moet ook omgewingsopvoeding hanteer.


Hierdie liggaam moet onafhanklik wees. Dit moet goed-opgeleide personeel h en streng wetgewing toe pas. Lede van gemeenskappe en vakbonde kan omgewingsprobleme aan di liggaam rapporteer, wat dan verdere ondersoek instel.


Die OMUA moet nou saamwerk met nywerhede, myne, boere, vakbonde en ander regeringsdepartemente. Hierdie groepe kan help om doelwitte te stel, en planne te beraam, om die omgewing beter te beskerm.

Die OMUA moet toesien dat omgewingsake in alle HOP bedrywighede ingesluit word.


Die OMUA moet 'n groep inspekteurs h wat hul taak op plaaslike vlak kan verrig. lndien nodig, moet hierdie inspekteurs in staat wees om gekwalifiseerde, en kundige inspekteurs in te roep. Hierdie inspekteurs moet genoeg bronne tot hulle beskikking h om seker te maak dat niemand omgewingswette oortree nie. Hulle moet bereid wees om nuwe metodes te ontwikkel om die omgewing te beskerm wat tot die voordeel van alle Suid-Afrikaners sal strek.

Verbetering van wetgewing wat die omgewing beskerm

Die tussentydse Grondwet gee aan alle Suid-Afrikaners die reg op 'n omgewing wat nie hulle gesondheid benadeel nie. Dit gee ook aan alle Suid-Afrikaners die reg op inligting om daardie reg te beskerm. Dit verdeel beheer oor ons omgewing tussen nasionale, provinsiale en plaaslike regering. Ons omgewingswette moet herskryf word om al hierdie veranderinge te akkommodeer.


Ons moet al die verskillende wette in een omgewingswet vervat. Ons kan by ander lande leer hoe om dit behoorlik te doen.


Ons moet dit vir die publiek makliker maak om hof toe te gaan oor omgewingsake. Ons moet ook bepaal of dit vir departemente moontlik behoort te wees om mekaar voor die hof te daag.


Alle regeringsdepartemente, sowel as nywerhede, moet verslag doen oor die uitwerking wat hulle op die omgewing het. Hulle moet byvoorbeeld verslag doen oor watter natuurlike bronne hulle gebruik, watter afval hulle produseer en hoe dit die omgewing benvloed.

Omgewingsimpakskatting en Hersieningsproses

Groot ontwikkelings behoort verplig te word om omgewingsimpakskattings te doen. Dit moet volgens die Gentegreerde Omgewingsbestuur (GO) ('Integrated Environmental Management') proses uitgevoer word. Die riglyne en rels vir die GO moet strenger gemaak word.


'n Spesiale Kantoor vir Omgewingsimpakskatting en Hersiening behoort ingestel te word. So 'n Kantoor moet toesien dat omgewingsimpakstudies behoorlik uitgevoer word.


Beter gentegreerde omgewingsadministrasie

Die stelsels wat die regering gebruik om die omgewing te beskerm, moet verbeter word. 'n Kleiner aantal departemente moet verantwoordelik wees om die omgewing te bestuur. Maar ons moet die probleem versigtig bestudeer om 'n goeie metode te vind om dit te doen.


Ons moet seker maak dat die prosesse reg gebruik word. Met proses bedoel ons faktore soos om in staat te wees om goeie inligting te verkry om besluite te kan neem. Ons bedoel ook die ontwikkeling van goeie verhoudings tussen die regering en ander groepe, veral nywerhede, vakbonde, nie-regeringsinstansies en gemeenskapsgebaseerde organisasies.


Een moontlikheid is om 'n Departement van Natuurlike Hulpbronne daar te stel. Di departement sal na water- lug- en grondbronne moet omsien. Dit is die stelsel wat hulle in Uganda gebruik.

'n Ander moontlikheid is dat ons 'n Departement van Omgewingsake en Beplanning moet skep. Dit beteken dat omgewingsake ingesluit sal word in alle beplanning vir die land.


'n Derde moontlikheid is 'n Departement van Volgehoue Ontwikkeling. In so 'n Departement sal die belangrikste sake byeen gebring kan word. Hierdie plan is baie moeilik om in die praktyk uit te voer.


'n Sterker Departement van Omgewingsake

Die Departement van Omgewingsake moet versterk word. Dit moet in staat wees om daarop aan te dring dat ander departemente die Minister van Omgewingsake raadpleg, voordat enigiets gedoen word wat die omgewing benvloed. Die Departement het ook meer goed-opgeleide personeel nodig.


Die regering moet die belang van goeie omgewingsbestuur vir die land erken. Regeringsamptenare moet ook leer om insette van die publieke samelewing te aanvaar.


---------------------------------------------------------------------

Back to Table of Contents


